Monday, October 12, 2009

Kinders moenie innie water mors nie...



Saterdag, 10 Oktober
Plaaslike skole en MFM het kragte saamgespan om 'n deel van die Plankenburg rivier skoon te maak. Na skaars 2 ure het ons 75 swartsakke volgemaak met rommel uit die rivier! Ons het ook met groot moeite en baie mannekrag TWEE matrasse uit die rivier gesleep! Die skoolkinders het alle fiemies op die oewer gelos en hard gewerk om 'n daadwerklike verskil te maak.

Dankie aan Franschhoek HS, Kayamandi Sek., Rhenish Girls High, Groendal Prim., AF Louw LS en Rietenbosch Prim wat hulle Saterdag oggend opgeoffer het om te help! Dankie ook aan die Stellenbosch Munisipaliteit wat swartsakke en handskoene voorsien het en al die vullis weggery het na afloop van die dag.
















1 comment:

  1. Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
    God het jou lief. Lees jou Bybel.

    ReplyDelete