Red Goes Green is gebore uit my persoonlike reis met rommel. Nooit het ek gedink dat die Waste Management Workshop wat ek in Julie bygewoon het, so 'n rippelkring effek in my en ander se lewens sou he nie!
Anders as gewone werkswinkels, het Sustainable Stellenbosch besluit om eers vir ons die probleem te wys: omtrent 60 afgevaardigdes, nuuskieriges en aktiviste het die stortingsterrein uitgeklim. Ja, uitgeklim. Sestien meter van rommel. MY rommel. JOU rommel. In die hartjie van die wynland, net buite ons mooie dorp is 'n groot, gapende wond. En vir die eerste keer het ek besef:
There is no 'away'.
Alles gaan erens heen! Al is die swartsak Dinsdag oggend 07:30 nie meer my probleem nie, gaan dit dalk my toekomstige kinders se probleem word. Toe is dit asof 'n groen CFL lampie vir my aangaan: ek moet iets doen, en, meer belangrik, ek kan iets doen!
Die storie van die stortingsterrein is een van hoop. Uit die werkswinkel is vennootskappe tussen MFM, Sustainable Stellenbosch, Spier en The Glass Company gebore. Groen organisasies het nou 'n platform. Die SR en Munisipaliteit praat herwinning.
Maar besef: die groen pad is nie altyd maklik nie, en is soms een wat jy alleen stap. Moenie wag vir die Munisipaliteit, jou grootmens lewe of jou instansie om herwinning vir jou te doen nie. Jou carbon footprint is jou eie.
No comments:
Post a Comment